top of page

Word wakker! Trek die krag van God aan!
Nagmaal Preek Jesaja 52 - Woorde uit sy Woning
Hier staan ons almal uit die kerkbanke op, oud en jonk, sommige sterk in die geloof, ander swak in die geloof. Hier staan ons op uit die kerkbanke en ons loop die Bruidegom tegemoet. Word wakker! Word wakker! sê die HERE vir ons vandag ... Kyk, Hy staan hier voor u. U het sy Naam leer ken. Dis Hy wat hier voor U staan: Hy sê: Hier is Ek! U ken miskien die donker put van depressie, vêr van die Here se genade ... U ken dalk “die bande en die strikke van die dood” waarvan ons in Psalm 116 sing. U ken dit al vir jare al ... Slapelose nagte, nagte van rondrol, nagte van van twyfel en kommer. Kom almal wat vermoeid en belas is, hoor ons die Here Jesus sê en deur Jesaja sê dieselfde Here: Kom maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion! Kyk die Here het klaar die kettings gebreek. Jy moet net ontwaak. Jy moet net opstaan. Jy moet net die bande en kettings afhaal. Hulle is klaar los. Haal hulle net af. “Word wakker! Staan op!” Beklee jou met sterkte! Trek die krag van God aan soos jy ‘n baadjie sal aantrek ... die krag van Sy beloftes, die krag van Sy oorwinning. Maak God se genadewoorde jou eie, so eie aan jou soos ‘n baadjie aan jou lyf. Daarin lê jou sterkte. Bron: Jesaja 52 Word wakker! Die kettings is gebreek. Staan op! Trek die krag van God aan. “Hier is Ek!”sê die Here, wat sondaars optel uit die stof. Nagmaal & Nabetragting (2017 11 26) position: 548
bottom of page