top of page

Wie word verhard?
Preek Romeine 9 - Woorde uit sy Woning
Iemand sal sê: Die God wat ek dien, het almal onvoorwaardelik lief. Of: My God sal nie toesien dat daar soveel geweld en onreg in hierdie wêreld is nie. Dis nie die God wat ons vandag dien nie. Dis nie die God van die Nuwe Testament nie. Dis nie die God wat ek wil dien nie. Hierdie woord is hard. Wie kan daarna luister? Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Please note: The Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition Hoe versoen jy God se uitverkiesing met sy regverdigheid? Hoe versoen jy God se verwerping met sy regverdigheid As God Farao se hart verhard het hoe kan Farao dan nog verantwoordelik gehou word? Nog erger, waar kom die sonde dan vandaan? Kan ons die oorsprong van die sonde ook na Almagtige se ewige raadsplan terugvoer? Met al die onbeantwoorde hoekom en waarom vrae kan ons so maklik ons uitsig op die ewigheid verloor, kan ons so maklik die donker dieptes hier voor ons voete ingesuig word. Daar is ‘n maklike uitweg ... en baie, baie het al daardie uitweg geneem. Die uitweg is om te sê: God gee jou ‘n keuse en sy verdoemenis volg wanneer jy jou keuse verkeerd uitgeoefen het. Ja, inderdaad, elkeen het sy siening elkeen is gereed met ‘n mening. Een ding staan vas: as iemand na vore kom en ‘n uitspraak maak oor wat hy of sy oor God kan of wil glo, dan het daardie uitspraak net soveel waarde dan dra daardie uitspraak net soveel gewig soos ‘n blaartjie wat ritsel aan ‘n tak. Wanneer God gedefinieer word, wanneer God omskryf word, dan het menslike menings geen waarde nie. Tog is dit noodsaaklik dat ons die Here moet ken. As God daar is, is daar niks belangriker in die heelal nie ... Bron: Romeine 9:18 Wie word verhard? Romeinereeks: Reg voor God#47 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 3029 01 19 Music used in this video series: Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 262
bottom of page