top of page

Wie sal ons volk help? Vraag vol vertwyfeling, verwyt, maar kinderlike geloof!
Dokumentêr Rigters 6 - Woorde uit sy Woning
Dis 'n vraag vol vertwyfeling. Eintlik 'n vraag vol verwyt, maar ten spyte daarvan het ons hier die duidelike getuienis van 'n kinderlike geloof... Dat ons in moeilike tye leef is seker nie nuus vir u nie Ons hoor dit elke dag ... en ons is almal besig om dit elke dag vir mekaar te bevestig. “Ek kan nie by dit of dat uitkom nie, want, jy weet, dis ‘n moeilike tyd waarin ons leef”. Meer hoef jy nie te sê nie. Almal verstaan, almal het onmiddellik begrip. Almal is immers in dieselfde bootjie. Dit gaan swaar. Dis die tye waarin ons leef. die Heilige Gees praat vandag met ons deur sy Woord ... ons wat vandag hier onder die geklank van daardie Woord bymekaar is. Die Heilige Gees gee ons ‘n wonderlike kragformule. Die Gees van ons Here Jesus Christus bemagtig ons tot groot dinge. Die HERE sê vir ons: Gaan ... gaan in hierdie krag van jou! Hierdie opdrag kom op ‘n ongeleë tyd en soos ons Skrifgedeelte sê is dit miskien nie gerig tot die mees geskikte persoon nie. ‘n Ongeleë tyd vir die volk Israel om iets te doen, want dis benoude tye waarin hulle leef. Vanweë die Midianiete is dit so onveilig jy kan jouself nie roer nie. Vanweë die Midianiete is daar omtrent nie kos om te eet nie. Hulle het die opbrings van die land verwoes. Hulle het geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel laat oorbly nie. Hulle het gekom soos sprinkane in menigte om die land te verwoes. En die volk Israel het in vrees geleef. Vir hierdie onstuitbare vyand was Gideon en sy mense baie bang. Gideon se bedrywigheid daar by Ofra se parskuip wys vir ons juis hoe desperaat die volk se omstandighede was. Die volk het in slote in die berge gebly, in grotte en gate in hulle bergvestings. In ons terme vandag: agter lemmetjiesdraad, veiligheidshekke en alarmstelsels. Geen wonder dat die kinders van Israel in die tyd hulle HERE aangeroep het nie. Die HERE stuur vir hulle ‘n profeet soos Hy nog altyd gemaak het en soos Hy vandag nog maak ... ook met ons hier waar ons vandag sit soos ons ook soms voel in “dieptes gans verlore van redding ver vandaan waar hoop se laaste spore in wanhoop ons vergaan”... Waarmee sal ek Israel verlos? Dis Gideon se reaksie. “Wie ek? Ek is tog sekerlik nie in staat om soiets te doen nie ...” Waarmee sal ek Israel verlos? ... Bron: Preek Wie sal ons volk help? Waar kry ek krag? Waarom gebeur hierdie dinge? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 02 05Rigters 6 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 617
bottom of page