top of page

Wie sal my red? Rus vir soekende siele

Preek Psalms 116 Heidelbergse Kategismus 11 - Woorde uit sy Woning

Almal staan onder die tydelike en ewige oordeel van God. As jy dit besef, as die Heilige Gees jou van jou sonde en God se verskriklike geregtigheid oortuig het. dan gebeur daar iets met jou. Hier binne in jou ontwikkel jy ‘n bestaansangs. Die angste van die doderyk ... benoudheid en kommer, die rustelose siel, die tranerige oog, die wankelende voetstap, soos ons Psalm dit beskryf ... alles simptome van die gebonde siel. Dis die angste van die hel, soos dit in ons beryming van Psalm 116 staan. Die bande en die strikke van die dood. Bande en strikke van die dood. Verslawings ontelbaar ... drank, kos, pille, nikotien. Bande en strikke van die dood. Leuens en bedrog ... moord en roof en geweld en oorloë seksuele verwoesting huwelike en gesinne aan stukke, twis en stryd net waar jy kyk ... mense staan gereed om mekaar die afgrond in te help. Hoeveel stukkies flentertjies advies waai daar nie rond op die facebook blaaie vandag nie. Min, baie min wat die waarheid vertel ... en dit is dat jy ‘n Verlosser nodig het. Daarom kry jy die altyd soekende mens. Soekendes na verlossing uit hierdie sondenood. En ook hier word hy of sy telkens weer bedrieg met valse hoop verlei, met valse godsdiens belieg, met valse ideologieë geïndoktrineer. So is die mens uiteindelik soos ‘n knoop aan 'n woer-woer, ‘n knoop aan die Duiwel se woer-woer. Dan word jy die kant toe opgewen, dan word jy weer daardie kant toe opgewen. Wen die Duiwel hom op die kant toe, dan daardie kant toe ... Hy weet nie meer of hy kom of gaan nie ... Die enigste troos in lewe en in sterwe is net by een Persoon te vinde. Jesus is sy Naam. Bron: Wie sal my red? Rus vir soekende siele Psalm 116 HK 11 Vr 29,30 Reeks: Bely uit die Psalms #15 Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 595

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page