top of page

Wie sal die aarde be-erwe? Buig voor die Here!

Preek Jesaja 52 - Woorde uit sy Woning

Lees: Psalm 37, Jes. 52:13 – 53:12, 61, Mat 5:1-12 Teks: 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Tema: Buig voor die Here en die aarde is joune ... Geliefdes in ons Here Jesus Christus Die Bybel is ‘n boek vol teenstrydighede So wil dit partykeer lyk. Die wat eerste is, sal laaste wees die wat laaste is, sal eerste wees. Om ryk te kan wees, moet jy eers arm wees. Ons is bedroefdes (skryf Paulus aan die Korintiërs), maar ons is altyd opgeruimd Ons is mense wat niks het nie sê hy ... en tog is ons mense wat alles besit (2 Kor. 6:10). Met hierdie woorde sluit die apostel aan by dit wat die Here Jesus gesê het ... daardie dag toe Hy ons op die berg geleer het ... daardie dag toe Hy soveel dinge gesê het, wat vir mense raaiselagtig geklink het ... dat die armes die koninkryk besit, dat die treurendes vertroos sal word, en dat die wat hulself neerbuig, die wat bereid is om die minste te wees dat hulle eendag alles sal erf. Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Dis mooi woorde ... dis woorde wat baie mense al aangetrek het ... self ongelowiges en heidene. In 1999 was ek by die wêreldparlement van Godsdienste in Kaapstad. Daar het ‘n Hindoe vir my gesê: Hy lees die Bhagvad Gita as sy hoofgereg (Die Bhagvad Gita is die Hindoe-Bybel) Dis sy hoofgereg .. en dan vir sy nagereg ... dan lees hy Jesus se saligsprekinge. Hy lees al die mooi dinge wat daar te lees is. In Jesus se saligsprekinge is daar soveel waarhede wat netsowel Hindoe kon gewees het. (so sê hulle.) Ghandi, die bekende Hindoe leier. Hy was so ‘n nederige arm man sagmoedig van geaardheid. Hy het geveg vir geregtigheid Hy was, so meen baie, rein van hart. Hy was bekend as ‘n vredemaker. Hy was vervolg en in die tronk gegooi. Ander lees hierdie woorde en dan sien hulle ‘n Moeder Theresa of ‘n Madiba Madiba die nederige en sagmoedige prisonier, Hy was glo destyds in die tronk ter wille van ‘n lofwaardige saak. So sê hulle. Hulle sien hom as die perfekte verpersoonliking van die saligsprekinge. Die vraag ons net verstaan ons wat ons lees ? Kan ons die saligsprekinge buite om die persoon van Jesus Christus verstaan? Hoe sal ons die saligsprekinge in sy volle diepte begryp as ons geen kennis dra van Die Saligspreker nie? Hoe sal ons die sagmoediges uitken as niemand ons nog nie aan die Die Sagmoedige voorgestel het nie? En laat ons maar mekaar eerlik wees, geliefdes ons sal nooit Die Saligspreker of Die Sagmoedige ken as ons nog nie met drie ander persone kennis gemaak het nie. Om Hom te ken, moet ons drie ander persone ken ... drie ander persone wat ons aan Die Saligspreker bekend moet stel... Buite om daardie drie kan ons ook nie die saligsprekinge verstaan nie. Buite om hulle kan ons ook nie die Jesus Christus van die saligsprekinge verstaan nie. Die eerste persoon wat ons moet ken is Dawid. Dawid wie se hele lewe profeties heenwys na Christus. Dawid is die digter van psalm 37. Daar lees ons die eerste keer van die ootmoediges ... Die ootmoediges sal die aarde besit (Ps. 37:11) Wie is hierdie ootmoediges ? Hulle is God se kinders wat op die HERE vertrou ... Hulle is God se kinders wat graag die goeie wil doen ten spyte van teenstand ... Dis hulle wat swaar kry om op hierdie aarde ‘n bestaan te maak. Die tweede persoon wat ons moet ken voordat ons Die Sagmoedige self kan ken, is die profeet Jesaja. Jesaja bring ‘n verlossingsboodskap aan die onderdrukte volk ... daardie onderdrukte volk wat Psalm 37 so goed omskryf: Jesaja verkondig aan hulle bevryding. Ons sien dit veral in Jesaja 61: Daar kom ‘n profeet sê Jesaja ... Die HERE het Hom gesalf .. Die HERE het Hom gestuur om ‘n blye boodskap te bring ... Aan wie ? Aan die ootmoediges ! In Jesaja 26 het die Jesaja self hierdie ootmoediges beskryf. In benoudheid het hulle die HERE gesoek .. Hulle het stille gebede uitgegiet toe die HERE se tugtiging hulle getref het (Jes. 26:16). Wat is dan nou die blye boodskap aan die ootmoediges ? Wat sê die gesalfde Profeet van God ? Hy sê God die Vader het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis, om uit te roep ‘n dag van die wraak van onse God ... Hy het My gestuur om al die treurendes te troos. Hierdie Profeet kom met ‘n volmag, ‘n gesag van God Die Profeet se woord bring ‘n omkeer in die lewe van die ootmoediges en die treurendes. Die laaste man wat ons moet ken voordat ons Die Sagmoedige self kan ken, is die Johannes die Doper. Die koninkryk van die hemele het naby gekom ... met ander woorde God se heerskappy oor die aarde en sy bewoners sal nou herbevestig word ... maar nog meer ... God se heerskappy sal ook na vore kom in een Persoon: Hy aan Wie alle mag op hemel en op aarde gegee is. Ons sal saam met Hom hierdie aarde beërwe. position: 677
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page