top of page

Wie sê jy is Christus? Die vraag wat elke mens MOET antwoord.
Bybelstudie 33 Lukas 9 Heidelbergse Kategismus 13 - Woorde uit sy Woning
Bybelstudie 33 Lukas 9v18-27 Wie sê jy is Christus? Die vraag wat elke mens eendag sal MOET antwoord. Die vraag wat niemand kan ontwyk nie... Nou of later! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 33ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. Musiek: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 position: 646
bottom of page