top of page

Wie sê jy, is Christus?

Preek Psalms 2 Heidelbergse Kategismus 13 - Woorde uit sy Woning

Op 'n keer het Jesus aan sy dissipels gevra: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? (So het ons gelees). Daarop het sy leerlinge Hom vertel wat die mense in daardie stadium tyd van Hom gedink het: Sommige (sê dat U) Johannes die Doper ( is), en ander Jeremia of een van die profete. So was en is daar mense in die geskiedenis wat weier om te bely dat Jesus die Seun van God is. Vir hulle was Hy maar net 'n baie goeie mens, 'n wonderlike voorbeeld om na te volg, maar nie noodwendig die Seun van God nie. Maar dan draai Jesus Hom na sy dissipels, na sy kerk en Hy konfronteer húlle met die vraag: Maar julle, wie sê julle is Ek? Twee maal sê Jesus: julle! Daarmee beklemtoon die Here dat Hy 'n antwoord van die kerk eis. Hierdie is 'n vraag waarmee niemand neutraal kan bly nie ... En dan oor die lippe van Petrus hoor ons die pragtige belydenis: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Waar kom Petrus hieraan? Bron: Troos uit die Psalms/ Bely uit die Psalms Reeks#20 Wie se julle, is Christus HK 13 1 Psalm 2 Musiek in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 575

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page