top of page

Wie onthou: Wie draai om en sê dankie?

Bybelstudie 67 Lukas 17 - Woorde uit sy Woning

Wie sal omdraai en dankie kom sê? Omdraai en sê: Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie? Wat maak dat ons die weldade van die Here onthou? Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Hierdie is die 67ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. @WoordeuitsyWoning U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die snitlys vind vir die Lukas Bybelstudiereeks: Christus vir Vandag. Bron: Lukas 17:11 Wie onthou Wie draai om en sê dankie? Lukas Bybelstudie: Christus vir Vandag#67 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 04 24 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Traporrelinleiding: Orrelis – Mariaan Senekal Slotmusiek: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 457
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page