top of page

Wie die geskiedenis voleindig:Tot in ewigheid sal almal weet.

Nagmaal Preek Openbaring 5 - Woorde uit sy Woning

Niemand ken die gedagtes van God nie. God se Raadsplan bly geslote. Johannes se oë gaan oop. En daar in die midde van die ouderlinge, daar staan Hy! Hy was dood en kyk, Hy leef! Nie net gereed om God se boekrol te lees nie, maar ook nou gereed om God se Raadsplan uit te voer. Ook gereed om die inhoud van daardie boekrol in vervulling te laat gaan. Wie volvoer die Raadsplan en voleindig die geskiedenis? Die nuwe hemel en die nuwe aarde: Daar sal geen trane meer wees nie ook nie dood nie ... Ook nie droefheid geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge sal verbygaan ... Die Here beloof ons dit in die boek Openbaring ... ook geen herinnering aan swaarkry nie ... Die swaar las van ons gedagtes die bitter herinneringe, die heimwee, die verlanges, die verwyte, al die klippe in die gemoed sal saam met die eerste dinge verbygaan ... Net een pyn bly staan ... net een offer word in herinnering geroep ... net een dood word in gedagtenis gebring. En dit word weer en weer in gedagtenis gebring: dis die dood van Lam. Ja, die eerste dinge sal verbygaan, maar die nabetragtingsdiens sal bly staan. In die hemelse heerlikheid kyk ons na die Lam van God. Sy wonde is steeds sigbaar. Sy bloed het van die aarde na die hemel toe uitgeroep. Sy bloed getuig selfs tot in die hemel. Hy is geslag. Sy bloed was die betaalmiddel, die volle koopsom. Dit bly die tema van die hemelse erediens. Johannes sien God, die Vader op die troon omring deur 24 ouderlinge, Dis die kerk van alle tye. God die Skepper op sy troon, omring deur die vier lewende wesens. Die vier lewende wesens verteenwoordig die ganse skepping. Johannes sien die almagtige God op sy troon omring deur tien duisende van tien duisende en duisende van duisende engele. Tog, is dit nie ‘n gelukkige toneel nie. Daar is iets wat Johannes bedroef maak, iets wat hom baie laat ween ten spyte van die ongelooflike heerlikheid wat hy sien en ervaar. Die Een wat op die troon sit, het ‘n boekrol in sy hand en Johannes weet dat daardie boekrol moet oopgemaak word. God se plan met die wêreld is daarin opgesluit. Die boek is vol geskryf ... van binne en buite. Daarin lê die hele geskiedenis opgesluit ... nie die verlede geskiedenis nie, nie dit wat gister gebeur het nie, maar die toekoms geskiedenis. Dit wat is en wat was en wat moet gebeur. Die boek is vol geskryf met God se plan vir sy koninkryk wat kom. Dis volgeskryf van sy testament, die heerlike erfenis wat ons ... ons wat vandag hier sit ... eendag sal ontvang. Maar die boek is geslote. Dis verseël ... goed verseël met sewe seëls. Nee, dit kan nie! Nee, dit mag nie! So, sal die wêreldgeskiedenis stagneer. So sal die kerk, die verbondsgemeenskap nooit, nooit haar volle glorie bereik nie ... nie solank die boekrol verseël is nie. Die kerk hier op aarde stry die stryd jaar in en jaar uit. Ons vier die nagmaal kwartaal in en kwartaal uit, maar niks kom ooit êrens nie. Inteendeel dit lyk of die kerk eerder al dieper wegsink in hierdie modder aarde. Voel ons nie ook soms so nie, broeders en susters oor die lewe in hierdie wêreld nie? Niks kom ooit êrens nie. En Johannes het baie geween. Wie sal dan ooit hierdie boek oopmaak? Wie is waardig om hierdie boek oop te maak? Bron: Op. 5:1-14 (Nabetragting) Tot in ewigheid sal almal weet: Wie die geskiedenis voleindig ... Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 02 24 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 520
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page