top of page

Wees deel van die minderheid!

Luk 12 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Slaan die wêreld se deur toe in u gesig, Geliefdes? Kom u voor 'n toe deur te staan, omdat u die Here se woord bewaar? Raak selfs jou eie familie onvriendelik, omdat jy nie sy Naam verloën nie? Raak selfs jou eie gesinslede nukkerig, omdat jy vir die Here se Woord en waarheid opkom? Kyk, die Here gee vir jou 'n geopende deur! Woordverkondiging: Luk 12, ds Gustav Opperman GK Colesberg.  


Vrees u daardie dag, broeder en suster,  as dit teen u begin tel, omdat u die HERE se Naam bely, die dag as die deure in u gesig begin toeklap ... die dag as jy op die sosiale media gekanselleer word, die dag as die wêreld sy weerstand begin wys ...  Vrees nie,  sê die opgestane Jesus vir sewe gemeentetjies van Klein-Asië, al is julle in die minderheid. Moenie vrees nie, sê die Here Jesus vandag ook vir ons, al weet ons nie altyd hoe ons die begroting sal maak klop nie, al weet ons nie altyd  hoe ons in hierdie wêreld gaan oorleef nie.  


Daar is natuurlik twee soorte vrese in die Bybel. Daar is die vrees vir die HERE, wat eintlik 'n baie goeie ding is, eintlik 'n allernoodsaaklike ding is.  Maar dan is daar die ander vrees, die vrees wat met die sondeval in die wêreld gekom het. die vrees vir siekte, die vrees vir armoede, die vrees vir mense en bose geeste, die vrees vir naaktheid, die vrees vir hongersnood, die vrees vir die dood. Die vrees vir die toekoms van die gemeente.  Al hierdie vrese word natuurlik deur die duiwel uitgebuit.  


Bron: Luk 12:4-12; 22-34; Op 3:7-13 

Teks: Luk 12:32 Moenie vrees nie, klein kuddetjie,  want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad  om aan julle die koninkryk te gee. 

Tema: Wees deel van die minderheid sonder angs. 

Psalms: 34:1,2; 34:4,5; 34:6,7; 37:2,3; 37:14,18 

Opnamedatum: 2023 09 24   


Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. 

With thanks and appreciation: 

Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page