top of page

Wederkoms: Moenie wonder nie! Werk terwyl jy waak.

Bybelstudie 54 Lukas 12 - Woorde uit sy Woning

Niemand weet wanneer die wederkoms is nie. Moenie julle besig hou om te bespiegel: Kom Christus nou vandag of kom hy nou of is dit volgende week of is dit daardie datum of wat ookal. Dis nie 'n kalender wat vir ons voorgehou word nie, maar daar word vir ons werk voorgehou! Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 54ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. Bron: Lukas 12:35 Bybelstudie #54 Lukas: Christus vir Vandag Werk terwyl jy waak. Moenie wag of wonder oor die Wederkoms nie. Ds Gustav Opperman 2019 07 22 Musiek gebruik in hierdie video: Traporreltjie orrelis: Mariaan Senekal Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 544
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page