top of page

Watter dominee? Genade bo kleinlikheid

Preek 1 Korinthiërs 3 - Woorde uit sy Woning

Prk 1 Korinthiërs 3 Genade bo kleinlikheid 2018 04 08 Lees: 1 Korinthiërs 3:1-23 Teks 1 Korinthiërs 3:16 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle Tema: Genade bo kleinlikheid Psalms: 72:8.9, 72:10,11, 66:7,8, 103:8,9, 146:1,2,3 Dis nie ongewoon dat gelowiges hulself identifiseer deur die dominee by wie hulle in die kerk is nie. Ek is in Dominee Gustav se kerk en daardie een hy of sy is in Dominee Ben se kerk ... Partykeer skuil daar meer agter die woorde ... Dit gaan dan vir hierdie of daardie lidmaat oor meer as net die betrokke gemeente ... Dit gaan oor dan veral oor die betrokke dominee ... Hierdie of daardie dominee het hulle so mooi bygestaan ... Hierdie of daardie dominee het so slag met die jongmense ... Hierdie of daardie dominee kan so mooi preek ... Hierdie of daardie dominee is ‘n mens-mens. Daar is geen ander dominee soos hy nie! Soms kan die dominee ‘n verdelende faktor in die gemeente wees ... Sommige lidmate meen dan hulle het net die regte dominee. Ander is egter oortuig: Dis juis nie die regte dominee nie ... Dis die geval wanneer ‘n gemeente rondom die persoon van die predikant gebou is ... Dis die geval wanneer die predikant die fondament is, waarop die gemeente van God gebou is ... Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is Weet julle nie dat die Gees van God in julle woon nie? Geliefdes, wat ‘n onbeskryflike voorreg om tempel van God te wees ... om Hom self hier te hê ... in ons midde ... Maar terselfdertyd ... wat ‘n verantwoordelikheid .... As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend, want die tempel van God is heilig ... Hoe kan dit gebeur dat iemand die tempel van God skend ... ontheilig ... Dit gebeur wanneer ons die Here se huis met wysheid van hierdie wêreld probeer bedryf. Dit gebeur wanneer ons met menslike oordeel in die gemeente te werk gaan want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God Met menslike wysheid sal ons op mense roem: Dominee X of dominee Y, maar u weet: daardie selfde oordeel waarmee ek die een verhef met daardie selfde oordeel sal ek weer ‘n ander verag ... Die menslike wysheid wat die een lidmaat verhoog, sal net so maklik ‘n mede-lidmaat verneder ... en dan ontstaan daar partyskappe ... Dan kom dit later dat party mense nie met ander mense wil praat nie, hulle nie kan verdra nie ... Daar is onder julle jaloersheid en twis en tweedrag, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? Vleeslike mense soos met klein kinders ... Dan bedryf ons die kerk asof ons op die speelgrond van ‘n kleuterskool is. “My pa is sterker as jou pa!” “Dis my plek!” “Dis my speelgoed!” Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is ... Dan bedryf ons die kerk asof ons ‘n klub bedryf. Dan probeer ons die een ou uitkoukus om ‘n ander ou te probeer instem ... Dan verdeel ons die gemeente. Nee, geliefdes, ons is besig met iets baie groter as dit ... Daar is baie meer op die spel as dit ... Ons is die tempel, die huis van die lewende God! Musiek: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 position: 638
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page