
Wat wil Jesus?
Joh 17 Ds G Opperman Nabetragting GK Outjo Nagmaalreeks 16c
Hier waar die Here Jesus bid het die uur gekom. Dis die uur waarvan ons so dikwels lees in die Johannes-evangelie. Hy staan hier in die skadu van die kruis op die drumpel van die dood, Dis die laaste gebed voor sy vernedering sou begin. Hy het sy oë opgehef na die hemel. Hy bid amptelik, hoorbaar, sodat die apostels dit later sou kon opteken. Hy bid voor die kerk van alle tye. Joh 17, ds Gustav Opperman, Nabetragting, GK Outjo. Eenmaal in die lewensgeskiedenis van die Seun op aarde bid Hy tot sy Vader en Hy sê: Ek wil … Op grond waarvan kan die Here Jesus hier bid: Ek wil …? Wat gee Hom die reg om vir die Vader se sê: Ek wil …?
Bron: Johannes 17:11b -26
Teks: Johannes 17:24
Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees …
Psalms: 100:1-4; 107:1,3; 24:1,4; 86:5,6
Music used in this video: Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/