top of page

Wat sal ons dan doen?

Luk 3 Ds Gustav Opperman

Dis baie onwaarskynlik dat die president van Amerika ons ooit sal besoek, eintlik heeltemal onwaarskynlik. Wat ons wel weet, wat ons vir seker uit die Woord van die Here weet, is dat die Here Jesus Christus ons eendag wel kom besoek. Wat moet ons dan doen? Hoe sal ons daarvoor voorberei? Woordverkondiging: Luk 3, ds Gustav Opperman.


Die vraag is nou  en dis dieselfde vraag  wat die skares van Juda destyds gevra het: Wat moet ons dan doen? As dit Koning Jesus Christus is, wat hier sal aankom, hoe gaan ons voorbereidings dan lyk?  Die koms van die koninkryk. Die boodskap van die evangelie gaan 'n radikale skeiding te weeg bring. Dit was Johannes se boodskap. Die doop van die Heilige Gees  gaan die evangelie deur die wêreld laat loop. Daardie evangelie gaan  soos 'n vuur deur die wêreld loop … 'n vuur wat uiteindelik met die wederkoms  'n totale skeiding te weeg sal bring. Die Christus sal sy dorsvloer uiteindelik  deur en deur skoonmaak.  


Met die koms van die Koning  het die Koning self gesê: Dink julle dat Ek gekom het  om vrede op die aarde te gee?  Nee, sê Ek vir julle,  maar eerder verdeeldheid (12:51) Ek het gekom om vuur op die aarde te werp,  en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! (12:49)  En as daar nou iemand by u huis opdaag, geagte lidmaat, of as ons oor die brandkanaal sou hoor, as daar nou iemand by hierdie gemeente opdaag en ons waarsku, ons waarsku dat daar 'n verskriklike vuur aan die kom is, is dit nie genade nie? Lê die genade nie juis daarin nie? dat ons die waarskuwing betyds ontvang het nie?


Bron: Lukas 3:1-20 

Opnamedatum:  2021 09 26


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  Orrelis: Harry Jonkers  Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page