top of page

Wat maak jou die gelukkigste?

Luk 12 Ds Gustav Opperman GK Ventersburg @WoordeuitsyWoning ​

Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Die dwaas hou nie rekening met God nie. Daarom het hy nie ‘n saak met ‘n ewige lewe nie. Daarom is hy ook min gepla oor die komende oordeel en die vuur wat aan die kom is. Maar dis mos nie hoe dit met my gaan nie? Ons geldjies is te min. Tog is daar baie ander dinge wat ons ryk maak en dalk net so dwaas maak: Die dinge van die wêreld. My prestasies, my toekennings, my medaljes, myne, of my kinders s’n, of my kleinkinders s’n. Woordverkondiging: Luk 12, ds Gustav Opperman, GK Ventersburg.  


Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir bykans 900 video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.  


Ander mense begeer, vergader weer ervarings ... seksuele ervarings, reis ervarings,  jag ervarings, familie ervarings ... dinge wat dikwels voorrang bo die eredienste en die nagmaal geniet.  Om ‘n reis na Namakwaland se blomme te onderneem, word dan een van die dinge  wat jy graag wil aftick op jou bucketlist ... Die bucketlist, die emmerlys is daardie dinge  wat mense graag wil ervaar, voor hulle die spreekwoordelike emmer skop ... Alles dinge wat mense moet hê voor dit te laat is.  Laat ons reis en kuier want môre sterf ons. So leef ons  en so word ons siele uiteindelik van ons af geëis.  


Bron: Lukas 12:1-34 

Opnamedatum: 2022 11 13  

Intro Musiek gebruik in hierdie video:  

Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers  


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page