
Wat is Waarheid?
Preek Psalms 12 Heidelbergse Kategismus 43 - Woorde uit sy Woning
Voel u die bedreiging aan van ‘n wêreld waar daar geen standaard meer is nie en alle waarheid relatief geraak het? Of het u al gewoond geraak daaraan? Inderdaad! Wat is Waarheid? Volg die HK Troosreeks: Bely uit die Psalms op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Woorde maak saak, Geliefdes. Dit maak ontsettend baie saak. Woorde word gebruik ... ten goede en helaas, soos ons Psalmdigter sê, ook ten kwade. Deur woorde en hulle betekenis te verdraai, deur die waarheid sagter te stel en deur die volume knoppie op die leuen harder te stel, word vrede in oorlog verander en daar waar daar ‘n heilige oorlog behoort te wees, leef ons soms in ‘n goddelose vrede... Woorde maak saak. Deur van selfdood te praat en te skryf, word die sonde van selfmoord ontken. Deur saggies te praat van genadedood, word die sonde van moord gewoonweg versoet. In die taal van ons tyd word aborsie iets anders ... dit word gesinsbeplanning. Deur van lewensmaats te praat en te skryf word die sonde van sodomie en ander buitehuwelikse omgang verdoesel. Deur van versoening en hervorming te praat, word allerhande twyfelagtige politieke prosesse ‘n Bybelse kleur gegee. So kan ons aangaan. Ons Psalm praat van leuens, vleiende lippe. Die Hebreeuse woord wat met vleiend vertaal word, beteken om glad te maak, die lippe van glibberige dinge. In plein Afrikaans: ‘n gladde mond. Daar word gepraat, dinge word gesê, daar mag miskien ‘n bietjie waarheid in steek, maar die een wat praat, praat met ‘n dubbele hart, letterlik hulle praat met ‘n hart en ‘n hart. Agter dit wat hartlik verklaar en betuig word, skuil daar nog ‘n hart ... ‘n ander hart met ‘n ander agenda. In die boek Openbaring lees ons van die dier wat uit die see uitkom, dis die Antichris ... die Antichris verlei die mense agter hom aan, hy praat groot woorde, soos dit daar staan en die wêreld volg hom verwonderd, aanbid hom selfs: Hulle sê: wie is aan die dier gelyk? (Openbaring 13:1ev). In sy tweede brief aan die Tessalonisense beskryf die apostel Paulus die Antichris nog verder: hy wie se koms is met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen ... en met allerhande verleiding in die wat verlore gaan omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het nie. Die wonders van die leuen ... Dit herinner aan wat ons sopas saam uit Psalm 12 gelees het, nie waar nie? Hy het ‘n tong wat grootpraat. Hy is die vader van hulle wat sê: met ons tong is ons sterk. Wie is heer oor ons? Ons besit die vermoë om met woorde te toor, sê hulle, en wie gaan ons keer? Daardie uitdagende vraag is natuurlik die kenmerk van die Satan self, hy wat volgens Jesaja 14 wou opklim in die hemel om sy troon bo die sterre van God te verhef, hy wat homself wou gelykstel met die Allerhoogste (Jesaja 14:13,14). In sy sug na mag sal die Duiwel niks of niemand ontsien nie. In Johannes 8 sê die Here Jesus van hom Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan. (Johannes 8:44). Bron: HK 43 Psalm 12 Negende Gebod Wat is Waarheid? HK Troosreeks uit die Psalms: Bely uit die Psalms Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 04 29 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 364