top of page

Wat is jou anker in 2022?
Preek Psalms 90 - Woorde uit sy Woning
Soos tsunami golwe kom die tyd aangerol. Dis net dat dit vir baie van ons nou dit nou voel of of die branders van onsekerheid al hoe groter word. Die afgelope jaar het een siekte op die volgende dood gevolg. Die een pandemie golf ry op die vorige se rug. Met die ingang van die nuwe jaar kom die Heilige Gees na ons toe en Hy bied ons ‘n anker. Woordverkondiging: Psalm 90, ds Gustav Opperman. Dan is daar nog die politieke onstabiliteit ... di ekonomiese rampe ... die immer teenwoordige misdaad en geweld ... volg soos tsunami’s op mekaar ... Sulke dinge maak ons weereens bewus van ons vergangklikheid ... Ons het hierdie lewe net op bruikleen. Dit kan enige tyd weer terugevra word ... God kan dit weer terugeis ... enige tyd. Ook die jaarlikse familiebyeenkoms is geleende tyd ... Ook daardie soete oomblike sal nie vir ewig duur nie. Ons weet dat die die wêreld se vreugde die wêreld se fees van die nuwe jaar ... die knal van die klapper en die klap van die sjampanje prop ... dat dit nie vir ons die waarheid verkondig nie. Die wêreld word nie weer heel in die wynglas se steel nie. En dis ook nie vreemd dat dit juis hierdie tyd van die jaar ... dat die selfmoord syfer wêreldwyd die hoogte in skiet nie. Juis hierdie tyd van die jaar maak die lewe vir soveel mense nie meer sin nie en sien hulle dan ook nie meer kans om daarmee aan te gaan nie. Nee, die waarheid is dat ons dae verbygaan deur God se grimmigheid .. Deur God se grimmigheid word ons verskrik ! Ons vergaan deur God se toorn ..! Die dae van ons jare ... daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar, en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet. Dis die waarheid. Maar ... dis ook nie die volle waarheid nie ... Ook nie Moses se volle waarheid nie want ons het aan die begin gesê: God is vir ons ... vir ons ‘n toevlug ... Hy is ‘n woonplek, ‘n skuilplek, ‘n huis en ‘n tuiste teen die stroom, ja ook teen die golwe van die tyd ... ‘n Ewige ouerhuis, want Hy is ‘n ewige God ‘n Onvernietigbare ouerhuis teen die verganglikheid. Ja, ons is nie dakloos nie. Bron: Psalm 90 Wat is jou anker in 2022? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2022 01 12 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 34
bottom of page