top of page

Wat is in 'n Naam?

Preek Psalms 75 Heidelbergse Kategismus 36 - Woorde uit sy Woning

Die naam van Stephen Hawking is steeds op almal se lippe. Hy self het ook dikwels ‘n Naam op sy lippe gehad. Dis die Naam van God. Hy het baie te sê gehad oor God: Of God bestaan en of Hy nou nie bestaan nie. Wat is in 'n Naam? Wat is opgesluit in die Naam van Jesus Christus? Ek sidder vir die onthalwe vir die mense wat die HERE se Naam ydellik gebruik. Die driejarige kind-sieletjie hier binne in my krimp ineen wanneer ek ‘n woord van lastering hoor, wanneer die onsinniges met trots, met uitgerekte nekke spreek, wanneer die hoogmoediges die Naam van God aanmatigend of ligtelik gebruik ... Stephen Hawking is nou dood. Vir diegene van u wat hom nie ken nie: Hy was volgens baie die mees briljante brein van die eeu. ‘n Rystoel gekluisterde sterrefisikus wat die wêreld se verbeelding aangegryp het ... aangegryp het met al sy verbysterende teorieë van hoe die heelal ontstaan het, waar alles vandaan kom en waar alles heengaan. Die ontstaan was ‘n toevallige ‘n Big Bang, ‘n spontane Oerknal, (het hy geskryf). Daar is ook verstommende voorspellings oor waarheen alles op pad is ... die ineenstorting van die swart kolke ... die ineenstorting van die swart kolke in die buitenste ruim ... ewe eens spontaan en toevallig. Dis hoe die alpha en die omega lyk ... die begin en die einde. Oorlede Hawking se naam was op al die nuusblaaie, op al die media platforms. Maroela Media, ‘n hoofsaaklik konserwatiewe nuuskanaal loop oor van hulde: (14 Maart 2018) Hulle haal sekere kenners aan wat ook saam met hulle van lof oorborrel: Ons was dieselfde tyd as Stephen Hawking op aarde, (sê een), Dit is nogal ‘n wonderlike ding. Ons het dieselfde suurstof ingeasem as die man wat die sterre ontsyfer het. Iemand anders verklaar weer: Hy het ‘n Ikoon geword vir ‘n verstand, wat bo gewone sterflinge verhewe is. Mense verstaan nie presies wat hy sê nie, maar hulle weet hy is briljant. https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/stephen-hawking-wat-n-merkwaardige-lewe/ Die naam van Stephen Hawking is op almal se lippe. Hy self het ook dikwels ‘n Naam op sy lippe gehad. Dis die Naam van God. Hy het baie te sê gehad oor God: Of God bestaan en of Hy nou nie bestaan nie. Volgens Hawking bestaan God nie. Volgens Hawking het die heelal spontaan ontstaan. Ons het nie die Naam van God nodig om hierdie ontstaan te verduidelik nie. Daarom is hy ‘n ateïs. We are free to believe what we want (het hy verklaar). And it is my view: There is no god. No one created our universe, and no one directs our fate. Die merkwaardige Hawking het die Naam van God maklik op sy lippe geneem. Nou is hy dood. ‘n Bybelgelowige skryf op die sosiale media dat Stephen Hawking nou sekerheid het oor Wie alles geskape het, dat hy seker nou voor God se aangesig is. ‘n Ander leser antwoord hom: Dis net ‘n religioot wat soiets sal opmerk. Religioot. Dis ‘n nuwe uitdrukking. ‘n religieuse idioot. Ek lei af die religiote is ‘n afkorting vir al die idiote wat nog in ‘n Skeppergod glo. Volgens die woordeboek is ‘n idioot iemand wat die verstandelike vlak van ‘n driejarige kind het. Dis ek daardie, dink ek. Ek is ‘n religioot en ek het vir u vanaand Psalm 75 gelees. Psalm 75 is vir religiote geskryf. position: 407
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page