top of page

Wat glo jy van die Heilige Gees?
Preek Handelinge 2 Heidelbergse Kategismus 20 - Woorde uit sy Woning
HK Sondag 20 Deel 1 Die wese van die Heilige Gees. Aanddiens 2016 04 24 Lees Handelinge 2:1-13. Tema: Die wese van die Heilige Gees. Psalms 43:3,4,5, 51:5.6, 25:2,6,145:10,11,12 Ons behandel die leer van die Heilige Gees in twee dele SONDAG 20 53 Vraag: Wat glo jy van die Heilige Gees? Die mensdom het al meer bewus begin word van die geestelike dimensie in die lewe. Ons leef nou weer in ‘n tyd waarin “spirituality” hoog aangeslaan word. Ons as gelowiges in hierdie land moet glo dankbaar wees (so word dit gesê) dat ons in ‘n land bly, waar “sprirituality” baie belangrik is. Hierdie “sprituality” kan natuurlik op enigiets dui: van ‘n vae geestelike bewussyn tot die aktiewe soeke na allerhande natuurgeeste, Dit kan verwys na die uitsprake van ‘n Islamitiese Iman of dit kan verwys na die wense van die Voorvadergeeste ... Alles val onder die noemer “spritualiteit”. Selfs ook gereformeerde kerke jaag programme na wat soek na die ontdekking van “spriritualiteit” in die gemeente. In hierdie tyd bestaan die gevaar dat die Bybelse Heilige Gees en die wêreldse soeke na die geestelike dimensie heeltemal in die mens se gedagtes met mekaar verstrengel kan raak. Maar miskien is dit ook nie so nuut nie. Die apostel Johannes het immers reeds in sy eerste brief soos volg geskryf: Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan (1Johannes 4:1). Ons kyk vandag na die eerste deel van die antwoord op vraag 53 “Die HG is saam met die Vader en die Seun ware en ewige God” In die professie van Esegiël is daar ‘n waterstroom wat by die tempel uitloop Ons lees daarvan in Esegiël 46 Dis die stroom van die Heilige Gees Die stroom loop uiteindelik die Dooie See binne ... en waar die stroom van die Gees die Sout see binne gaan, word die see weer lewendig ... en daar is weer visse en daar is weer vissermanne ... Wanneer daar ‘n tabernakel in die woestyn gebou moet word, dan moet hierdie huis van God ook mooi wees. Daarom versier die Heilige gees die kunstenaars met talente en vaardighede Orals in die wêreld waar daar ware skoonheid is, moet ons weet: dis die werk van die HG! Maar dis veral op die terrein van die genade dat die HG se werk die duidelikste na vore kom ... Dis in die lewe van die herskepping dat die HG in sy element is ... daar wek die Gees nie net die nuwe lewe in die wedergeboorte nie, maar daar wek Hy ook die mooiste skoonheid ... Hy wek die mooiste skoonheid in die smerigste lewe van die gevalle mens. Daar waar die HG kom, verdwyn die vuil van die sonde ... daar skitter die glans van genade ... Hy vee die kamers van die hart skoon ... Hy maak van sondaars heiliges. position: 700
bottom of page