top of page

Wat beteken dit: Gedoop en gedoopte volk?

Preek Exodus 4 - Woorde uit sy Woning

Doop net uit gewoonte? As hierdie volk maar net hulle doop verstaan het ... As hulle maar net begryp het wat dit beteken om ‘n gedoopte volk te wees. As ons maar net die verantwoordelikheid van ons doop aanvaar het ... ons verantwoordelikheid as gedooptes ... Ons verantwoordelikheid rondom die doop van ons kinders! Ons het twee sakramente wat die Bybel ons beveel: die heilige Doop en die heilige nagmaal. Hierdie twee sakramente bring skeiding. Hulle is tekens wat ons en ons kinders van die wêreld afskei. Sakramente wat ons heilig vir die HERE, wat ons afsonder vir die God van hemel en aarde. Ja, tekens wat ons en ons kinders merk as kinders van die lewe teenoor die kinders wat onder die toorn, die oordeel van almagtige God staan. Partykeer loop ons pad tot reg op die afgrond voor ons oë eers die verskriklike waarheid sien ... Vir beide man en vrou, vir beide Moses en Sippóra, het dit tot op die rand van die dood geloop ... Vreeslik is dit om in die hande van die lewende God te val ... Bron: Eksodus 4:18-31 Wat beteken dit om self gedoop te wees? Om gedoopte volk te wees? Maak erns met jou doop! Ds Gustav Opperman 2017 06 26 Doop Gert Petrus Schutte position: 555
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page