top of page

Ware Christen? Toets jouself. Hoor/Verander.

Preek Psalms 110 Heidelbergse Kategismus 12 - Woorde uit sy Woning

Die woord Christen, het op die oomblik ‘n definisie so wyd dat jy met ‘n ossewa daarin kan draai. Die sensus opnames sê dat 80% van hierdie land se bevolking “Christene” is ... Hoeveel van hulle het werklik deel aan die Christus se salwing ... bereid is om sy Naam openlik te bely, bereid is om hulle lewe aan Hom toe te wy, bereid is om teen die sonde te stry ... Dis ‘n ope vraag. Christus is ‘n ewige Koning wat nooit sonder onderdane kan wees nie. Sy onderdane is daar. Net omdat ons hulle nie altyd sien nie, moet ons nooit moedeloos raak nie, moet ons nooit soos Elia uitroep: Ek het alleen oorgebly nie (1 Konings 19:10) terwyl die HERE sy ander getroues buite sy sig, buite die sig van Agab en Isebel in die spelonke van Israel bewaar het ... in hulle 50 talle bewaar het ... 7000 van hulle ... Ons kyk na die gebeure na die uitstorting van die Heilige Gees. U onthou nog hoe die apostel Petrus sy onbeskaamde getuienis in Jerusalem gelewer het, hoe die volk geïnspireer was deur die boodskap ... die boodskap van die Christus wat opgewek is, wat nou aan die regterhand van God die Vader heers en hoe hulle dag vir dag daarna eendragtig volhard het ... volhard het in die leer van die apostels volhard het in die gebede ... in die tempel ... maar ook van huis tot huis ... terwyl hulle God geprys het (Handelinge 2:42 ev). Ons sien iets van hierdie heilige entoesiasme in die geskiedenis van ons eie kerke. In die jare toe verskeie Gereformeerde kerkgeboue in hierdie land ingewy was, was daar eers ‘n optog deur die dorp se strate gehou ... Reddersburg, Aliwal-Noord, Lichtenburg ... By elkeen van die dorpe se kerkgeskiedenis het ek dieselfde ding raakgelees ... ‘n optog met die ouderlinge vooraan saam met die burgemeester saam met die gemeentelede saam op pad na die nuwe huis van die HERE met die groot Bybel in die hand ... God se Woord heel voor! Wat het hierdie gebruik van hierdie mense gesê? Wat het hierdie gebruik vir die breë gemeenskap gesê? Hierdie is Christus se krygsmag. Hulle is gewillig om te bely, gewillig om te stry. Hulle is toegewy aan hulle Here en ‘n ieder en ‘n elk moet dit weet! Bron: Wie is 'n ware Christen? Psalm 110 Troosreeks: Bely uit die Psalms HK 12:4 Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 581

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page