top of page

Wanneer is die wederkoms? Daar is uitverkorenes wat nog gebore moet word

Preek Openbaring 12 - Woorde uit sy Woning

Wanneer is die wederkoms? Wanneer kom die wêreldgeskiedenis tot 'n einde? Daar is uitverkorenes wat nog gebore moet word! Doop kinders tot God's eer! Doop Jan Trichardt 2018 07 29 Ons is partykeer so besig om kerk te wees so besig met kerksake … eredienste, finansies, huisbesoek, vergaderings, katkisasie … alles belangrike sake … dat ons vergeet om die kerk raak te sien vir wat sy is … Sy is die vrou wat verlang na Jesus Christus … Ten diepste wens sy dat die wêreldgeskiedenis tot 'n einde moet kom … sodat sy self die volle heerlikheid van haar Heer en Meester kan ervaar … Maranáta! Kom Here Jesus, kom gou … Hier voor ons in Openbaring 12 sien ons 'n opsomming van die hele Bybel die hele Bybel in die 17 verse van een hoofstuk … Dis ook 'n opsomming van die van die wêreldgeskiedenis van die begin tot en met vandag … die vrou in Openbaring 12 dra op haar hoof 'n kroon van 12 sterre … Sy staan in vir al die kinders van die Israel. Sy staan in vir al die kinders van die kerk … Sy staan in besonder in vir die manlike Kind, maar sy het ook ander nakomelinge … soos ons in vers 17 van hoofstuk 12 gelees het … Want God het man en vrou een gemaak sodat daar 'n nageslag sal wees wat hom eer … Maranáta, kom gou, Here Jesus … Wanneer sal Hy weer kom? Daardie dag en daardie uur weet niemand nie, maar net Sy Vader alleen (Mt 24:36). Wat ons wel weet: Dit sal nie gebeur totdat die getal van die uitverkorenes volledig is nie. So staan dit ook in ons kerklike belydenis (Nederlandse Geloofsbelydnis Artikel 37) ... position: 633
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page