top of page

Waarsku as jy omgee! Warn if you care!

Preek Romeine 1 - Woorde uit sy Woning

Reg voor God/Justified before God: Waarsku as jy omgee! Warn if you care! Subtitles in Afrikaans/English. If you want to understand the essence of humanity's problem and God's answer to that, read the letter to the Romans. After nearly two thousand years, this letter, like the rest of the Bible, has resisted the test of time, and it only shines with urgent topicality today. Paul, the slave of Jesus Christ, had an intention to visit the Christians in Rome. For several reasons it was not possible and therefore he wrote them a letter. This remarkable letter explains the main doctrines of what he calls the Good News. The letter to the Romans would later become the fundamental document of the Christian doctrine. We currently have about 27 video's in this series with English Subtitles. Please visit our the main page of our YouTube channel, There you will find the playlist: Romans - Justified. Second video in the series: Justified before God (Paul's letter to the Romans) Subtitles in Afrikaans/English. Tweede video in die reeks: Reg voor God (Paulus se brief aan die Romeine) As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief, soos die res van die Bybel, die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In hierdie reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Romeine 1:1-14 Wanneer jy betyds gewaarsku word dat die woonstelblok brand, wanneer jy te nouernood uit die kake van die dood ontsnap en jy staan met jou geskroeide hare daarbuite en jy sien ander mense in hulle woonstelle, salig onbewus van die vlamme langsaan ... dan wonder jy nie of daar iemand sal wees wat hulle van die komende gevaar sal waarsku nie, dan wonder jy nie of iemand so gaaf sal wees om hulle te bel nie! Nee, jy skuld hulle dieselfde dringende boodskap wat jy ontvang het, dieselfde lewe behoudende boodskap. Want dit is wat die evangelie is ... nie net die goeie nuus van verlossing nie, maar ook die verskriklike nuus van ‘n komende oordeel ... Hy voel dringend verskuldig om hierdie genade wat hyself ontvang het, hierdie boodskap van redding ook aan ander te verkondig. Hy skuld die verlore gaande wêreld hierdie boodskap van genade. Hy gee hulle sy hart. Hy gee regtig om! Bron: Romeine 1.14 Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: • Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang: Musiek: Saraband and Variations (Händel) Orrelis – Mariaan Senekal position: 644
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page