top of page

Waaroor is jy bedroef hierdie feesseisoen? Seisoen van selfmoord/selfdood.
Preek 2 Korinthiërs 7 - Woorde uit sy Woning
Nie alle droefheid is dieselfde nie. Op die oog af lyk dit dieselfde: Hartseer bly hartseer en trane bly trane. Maar die een het 'n Goddelike oorsprong. Dit kom van die Here af. En die ander een het 'n wêreldse oorsprong. Die een lei tot redding. Die ander loop uit op die dood... Namate die jaar sy einde nader,\r is die mensdom ook besig \r om bestekopnames van hulle lewens te maak ...\r in baie gevalle om te bepaal \r of hulle bereik het wat hulle wou bereik.\r In baie gevalle om te bepaal \r of dit die moeite werd is \r om nog ‘n jaar binne te gaan.\r \r In baie gevalle kom die antwoord dan ook duidelik:\r Nee, dis beslis nie die moeite werd nie.\r Maak daar ‘n einde aan!\r \r Dan word dit wat as “die feesseisoen” bekend staan ...\r dan word dit die seisoen van selfmoord ...\r of soos dit deesdae fatsoenlik geword het \r om te sê: selfdood ...\r Bron: 2 Korinthiërs 7 Waaroor is jy bedroef hierdie feesseisoen? Bedroef tot die lewe of bedroef tot die dood? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 10 15 Jaareinde Musiek gebruik in hierdie video:\r Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 486
bottom of page