top of page

Waarom ween Jesus?
Bybelstudie 76 Lukas 19 - Woorde uit sy Woning
Hy is op pad om daar in Jerusalem op die mees brutale wyse behandel te word, verag te word, op gespuug te word, geslaan te word, soos 'n misdadiger gekruisig te word. En dan ween Hy oor hierdie stad. Dis aangrypend! Waarom ween Jesus? Volg die Lukas Bybelstudiereeks op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 76ste video in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. @WoordeuitsyWoning U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die snitlys vind vir die Lukas Bybelstudiereeks: Christus vir Vandag. Bron: Lukas 19:41 Waarom ween Jesus? Lukas Bybelstudie: Christus vir Vandag#76 Ds Gustav Opperman 2019 08 28 Hierdie Bybelstudiereeks kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Intro musiek: Traporrelmusiek: Orrelis: Mariaan Senekal Outro musiek: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 384
bottom of page