top of page

Waarom nog kinders kry?

Preek Génesis 3 - Woorde uit sy Woning

Waarvoor sal ons nog kinders hê? Hoekom sal ons nog kinders in hierdie land voortbring? Net om uiteindelik werkloos by die huis te sit? Net om uiteindelik soos so baie ander bleek siele in die strate van London of Auckland rond te dwaal? Net om ook deel te word van die geweld statistiek? Waarvoor nog kinders hê? Woordverkondiging: Génesis 3, ds Gustav Opperman,. Buitendien, wie kan nog kinders bekostig! Weet julle wat dit deesdae kos? Weet julle hoeveel duisende rande kos 'n bevalling? Weet jy hoe jy jou mediese fonds gaan oorlaai …? Weet julle wat is skoolgelde en universiteitsgelde deesdae? Wie kan dit bekostig? U ken die argumente. Oortuigende argumente, harde werklikhede, Broeders en Susters. Daarmee kon ons die saak afgesluit het as dit nie was … as dit nie was dat die Skrif anders sê nie. Die Here sê anders: Ons lees in die professie van Maleagi: Die Here het man en vrou een gemaak ... En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar 'n nageslag moet wees, ('n Nageslag) wat Hom eer (2:15 '83vert). Omdat Hy wil hê … Bron: Génesis 3:20 Waarom nog kinders kry? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 10 12 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 319
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page