top of page

Waarom kry ek swaar ?

Preek Psalms 73 - Woorde uit sy Woning

Gaan staan swygend in die heiligdom. Voel hoe God jou aan jou regterhand vat. God lei jou deur sy raad. Kyk! Hy open jou geestesoog. Vir jou is dit asof die voorhangsel reeds geskeur is. God laat jou sien tot in die Allerheiligste. Kyk, daar is die ark met God se wet daarin. Dit bevat God se wil. Laat sy Gees jou Leermeester word! Totdat dit gebeur, sal jy niks verstaan nie. Woordverkondiging Psalm 73, ds Gustav Opperman. Die goddeloses hulle leef geseënd. Maar ons, ons wat nog erns maak met die Here, erns maak met die kerk … Kyk hoe swaar kry ons! Is dit nog die moeite werd om die ouderlingswerk of diakenswerk te doen? Wat kry ek daarvoor ? Om 'n diensbare suster te wees, betaal my niks. Daai of daai mense sien jy nooit in die kerk nie. En kyk, hulle leef soos konings. Ek gaan kerk toe, luister na die preke, doen gebede, ontvang die sakramente, gee my bydrae alles tevergeefs! En as ek maar nog kon getuig van 'n bietjie voorspoed Maar dis net beproewing op beproewing. Soek God in sy heiligdom, kniel voor die altaar by die geslagte Lam. Voel jou hand in sy hand, soek God in sy heiligdom … die antwoord lê by Hom. Bron: Psalm 73 Hoekoem kry ek swaar? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 12 06 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 263
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page