top of page

Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense?

Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning

Elke keer as daar 'n ramp of 'n krisis is, dan vra mense: Why do bad things happen to good people? Dien ons 'n wrede en onverstaanbare God? Waarom die kwaad? Waarom moord en oorlog? Waarom die verskriklike rampe? Waarom gebeur hierdie dinge? Is dit God se werk? Ons neem vandag vir 'n oomblik ons oë af van die wolke daarbuite. Vir 'n oomblik vestig ons, ons oë op die HERE se Woord en net die HERE se Woord. Vir 'n oomblik vergeet ons van die weervoorspellers en die natuurkenners, die profete van klimaatsverandering wat so seker is so seker is van hoe alles werk van waar alles vandaan gekom het en waar alles heengaan. In hierdie heilige uur het ons net aandag vir die God wat praat en die woorde van sy Seun, woorde wat duisende jare gelede vir ons hier vandag opgeteken is. Ons kyk en ons luister na dit wat die HERE vir ons aangaande sy skepping en herskepping bekendgemaak het, wat Hy ons openbaar het aangaande sy oordeel ... maar ook sy genade. Die HERE wil ook hê dat ons hierna weer na die natuur, die wolke en die reënboog sal kyk, maar nie op dieselfde wyse nie ... Nie met beterweterigheid van die menslike wetenskap nie, maar dat ons in kinderlike verwondering sal opkyk na die tekens van God se genade. Ons kyk na die wolke en die reënboog as tekens van God se genade, want ons het vandag steeds genade nodig, al lewe ons in 'n heeltemal ander tydvak as die mense in Noag se tyd. Ons het vandag steeds genade nodig al leef ons nie meer in daardie tyd toe daar reuse op aarde gewandel het nie, mense wat amper 'n duisend jaar oud geword het nie. Al loop daar nie meer dinosourusse op aarde rond nie, het ons vandag steeds genade nodig. Al lyk en funksioneer die skepping vandag heeltemal, geheel-en-al anders na die sondvloed as in die tyd wat dit vooraf gegaan het. Ons het vandag steeds genade nodig, want die mens is vandag nog net so verwaand as in Noag se dae. Ons leef vandag ook tussen manne van naam, (soos ons gelees het). Alle mense is nog steeds verdorwe en hierdie aarde word nog steeds met geweld en bloed besoedel. Bron: Romeine 8 Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Alles ten goede. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 04 15 Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 510

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page