
Waar is jy, Man?
Gen 2 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Is man en vrou vennote in die huwelik? Is die huwelik in alle opsigte 'n 50/50 ooreenkoms? 'n Gelyke ooreenkoms tussen gelyke vennote? Gelyke vennote met gelyke verpligtinge? gelyke verpligtinge en gelyke verantwoordelikheid? Ja, hierdie vraag is vir u dalk 'n verleentheid. Woordverkondiging: Gen 2, ds Gustav Opperman, GK Colesberg.
Die tyd waarin ons leef sê immers: gelykheid vir almal! Gelykheid …. geen diskriminasie ! Die tyd waarin ons leef sê immers: alle diskriminasie van die verlede moet reggestel word ook die diskriminasie teen die vrou. Die vrou moet bemagtig word … op elke lewensterrein … by die werkplek … in die kerk … ook in die huwelik. Gelykheid …. geen diskriminasie. Is man en vrou vennote in die huwelik? So is daar ook die aandrang vir nou al meer as 30 jaar dat die vroue ook in die ampte van die Gereformeerde kerke toegelaat sal word. So belangrik is hierdie saak vir die wêreld dat die ou klein Gereformeerde kerkverband telkens daaroor die media voorblaaie haal. So belangrik is hierdie saak vir baie in die kerk self dat daar in 2016 'n spesiale sinode hieroor gehou is ... Vir die soveelste maal was daar weer hieroor gedebatteer. Tussen die puinhope van dit wat eers manlike vestings was, moet ons, hierdie gemeentetjie steeds begin, steeds begin deur te vra: "wat sê die Here, Here?" Daarvoor moet ons sy Woord aandagtig lees.
Bron: Gen 2:15 - 3:19
Opnamedatum: 2023 10 08
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning:
Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation:
Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/