top of page

Vreemdelinge Haat Stryd na binne en buite Xenophobia Inner & exterior battle

Preek 1 Petrus 2 - Woorde uit sy Woning

As jy vandag 'n Bybelse getuienis lewer, kan jy baie gou vind dat jy fundamentalisties genoem word. As jy jou eksklusiewe liefde vir Jesus Christus bely, kan jy gou uitvind dat jy as onverdraagsaam uitgekryt word. Op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning is 'n spesiale snitlys/playlist: met preke vir gehoorgestremdes: Preke met onderskrifte Afr/Eng. Sermons with Eng/Afr subtitles. As jy sou beweer dat die geslagtelike omgang tussen mans teen God se wil is, word jy in die media as homofobies beskryf. As jy sou opkom vir die onskuldige bloed van al die ge-aborteerde babas, dan is jy 'n vyand van menseregte. Mens lees deesdae in die sosiale media in die kommentaar dat daar van Godkoppies gepraat word. Godkoppies en Bybelbobbejane. Daarom skryf die apostel Petrus vir ons vandag, broeders en susters. Hy sê dat al word ons daarvan weerhou om God se deugde te verkondig, om deur die media die mense van die wonderbare lig te vertel ... Al word ons die onderwerp van skinderstories ... Al word ons allerhande etikette om die nek gehang, kan ons nogtans steeds getuig. Ons goeie werke getuig. Ons lewenswandel getuig. dat ons deur ons optrede skyn soos ligte in hierdie wêreld, soos ligte skyn te midde van 'n krom en verdraaide geslag. Ons hoor hier 'n weerklank van Onse Here Jesus se eie woorde, dit wat hy jare tevore daar op die heuwels van Galilea gepreek het: Julle is die lig van die wêreld, (het hy vir die volk gesê): Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke kan sien en dat hulle julle Vader kan verheerlik ... julle Vader wat in die hemel is (Mat 5:14,16). Julle is ons brief, geken en gelees deur alle mense (2 Korinthiërs 3:2). Is die brief wat die samelewing van ons lees, 'n liefdesbrief, broeders en 'n susters? Wat lees die gemeenskap wanneer hulle na ons kyk? Die grootste vyand is nie noodwendig daar buite nie ... dis hier binne ... my vleeslike begeertes wat stryd voer met die siel. Bron: 1 Petrus 2 Vreemdelinge Haat - Stryd na binne en buite Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 10 20 Musiek: Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 505
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page