top of page

Volg jy Jesus van ver? Word die afstand tussen jou en Christus groter?
Preek Lukas 22 - Woorde uit sy Woning
Moet asseblief nie sê dat jy bereid sal wees om vir Jesus te sterf as jy nie eens bereid is om Sondae sy voetstappe die kerk in te volg nie. Baie van ons hang net in die omgewing van die Here rond, kom so af en toe kerktoe om te sien of hier nog iets aangaan. Woordverkondiging: Lukas 22:31-62, Johannes 21:15-19, ds Gustav Opperman. Dalk is sommige van ons nog net nuuskierig om te sien hoe dinge sal uitdraai ... Hy wat meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie (1 Korinthiërs 10:12) As jy dink jy staan sterk, moet jy oppas dat jy nie ook tot ‘n val kom nie. Wyse woorde van die apostel Paulus aan die Korintiërs. Ook vir ons ... ons wat meen, dat ons volg, ons wat glo dat ons Jesus volg moet oppas dat ons nie struikel en val nie ... Lees mens hierdie gedeelte, dan kan jy jou indink dat iemand so hard kon val nie, soos Petrus in hierdie nag geval het nie. Maar dan, is hierdie woord juis vir my geskryf, vir my en my mede-ouderlinge nie waar nie? Ons wat met ons bevestiging beloof het dat ons die Opperherder sal volg .... Ook as ’n voorbeeld vir jou opgeteken, geagte gelowige jy wat dalk ook al onderneem het om die Here Jesus te volg ... Bron: Lukas 22:31-62, Johannes 21:15-19 Volg jy Jesus van ver? Word die afstand tussen jou en Christus groter? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 10 25 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 308
bottom of page