top of page

Voel jy benoud? Voel jy oorweldig deur gebeure?
Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning
Voel u oorweldig deur gebeure in hierdie land? Om nie eens van wêreldgebeure te praat nie? Voel u magteloos, oorgelewer aan die owerhede, die heersers van die duisternis van hierdie eeu, die bose geeste in die lug? Die dinge raak te veel. Dis asof alles en almal teen jou is, bo en behalwe jou eie gewete, wat jou ook nog aankla! Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In die reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Bron: Romeine 8:33 Voel jy benoud? Romeinereeks: Reg voor God#44 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 12 08 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Music used in this video: Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Artist/Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 307
bottom of page