top of page

Verwyder die suurdeeg van die sonde
1Kor 5 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Die hoop op die ewige lewe het net blyplek in die hart die hart wat vergruis met ‘n sondebesef. Geloof skiet nie wortel op klipgrond nie. Geloof kan net wortel skiet in grond wat met die trane van berou benat is. Voor ons die rein fyn linne van verlossing kan aantrek, moes ons eers die sak en as van verootmoediging gedra het.
Bron: Lees Eks 12:1-17; 1 Kor 5:6-8
Teks: Eks12:15 b: Alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huis verwyder. 1 Kor 5:7: Suiwer dan die ou suurdeeg uit
Tema: Huisskoonmaak met die nagmaal
Psalms: 65:1,4; 65:8,9; 23:3; 116:1,2,3; 25:5,6
bottom of page