top of page

Verwonder julle daaroor dat julle kinders van God is.

Preek Psalms 103 Heidelbergse Kategismus 21 - Woorde uit sy Woning

Moenie ophou om julle te verwonder daaroor dat julle kinders van God is nie. En as julle kinders is, dan ook erfgename. Moenie ophou om Hom in verwondering aan te roep: Abba! Vader! Abba, my Vader! Onse Vader! Dis nodig, geliefdes, dat die kinders in God se huis met hulself praat, hulself daaraan herinner wat hulle belangrikste taak is, wat hulle hoogste vreugde is, dat hulself daaraan herinner om die HERE te loof van nou af tot in die ongelooflike ewigheid. Komaan siel, loof die HERE! So word Psalm 103 begin en so word dit afgesluit: Prys die HERE hemelse leërmagte ! Prys die HERE oraloor, die hele skepping oor! God se goedertierenheid is omvattend, maar dis ook uitsluitend. Nie elkeen wat nou begrawe word of in die verassingsoond beland, is noodwendig nou op ‘n beter plek, (soos dit meermale in ‘n begrafnisbrief staan nie). Dis net sy leërskare, sy engele, sy dienaars wat sy welbehae doen, wat opgeroep word om die HERE te loof. Een derde van die engele is verdoem tot ewige verderf. Dis wat die Bybel ons elders leer. Die HERE doen geregtigheid en reg maar net aan die wat verdruk word ... net aan diegene wat die verdrukking van die sonde ervaar en daaroor berou het ... Net aan diegene wat Hom vrees, wat ontsag vir Hom het ... Bron: Psalm 103 Heidelbergse Kategismus Sondag 21(3) 56 God se grootste geskenk. julle daaroor dat julle kinders van God is! Bely uit die Psalms Troosreeks#31 2017 11 05 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 519

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page