top of page

Verwerp God en word verwerp!

Preek 2 Konings 17 - Woorde uit sy Woning

Wat beteken dit om deur God verwerp te word? Kan ons onsself indink wat moet beteken om uit die Goddelike ouerhuis uit weggejaag te word? Dit kan met die enkeling gebeur. Dit kan met 'n gesin gebeur. Of dit kan met 'n hele geloofsgemeenskap gebeur. Dan is so 'n volk in ballingskap. Sonder 'n heenkome. Dan probeer hulle in die vreemde en onbekende oorleef. Sonder 'n land. Uitgelewer en oorgelewer, Woordverkondiging: 2 Konings 17:1-23 ds Gustav Opperman. Draai die koning sy aangesig van jou af weg, of word jy voor sy aangesig weggewerp Dan gaan met jou ellendig … Jy staan dan buite die koninklike guns Of jy word in ballingskap gestuur. Daarom bid Dawid met soveel oorgawe na sy sonde met Batseba: O God, Verwerp my nie van u aangesig nie (Psalm 51:13). Om voor die lewende God se aangesig weggewerp te word, is die verskriklikste straf wat daar is … Wanneer die Here, sy aangesig van 'n mens wegdraai … of sy rug op 'n volk draai, dan smaak daardie volk letterlik … die hel. Daarom kom die Woord van die Here vandag weer met dringendheid, met 'n waarskuwing na ons toe. Die Woord sê vir die geloofsgemeenskap: God sal jou verwerp as jy sy Woord verwerp. Bron: 2 Konings 17:1-23 Verwerp God ... en word verwerp! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2021 03 28 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 202
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page