top of page

Vernedering voor verhoging
Preek Johannes 12 - Woorde uit sy Woning
Dis een van die onbegryplikhede van God se skepping en, sê die Here Jesus, dis ‘n geheim wat deel is van God se koninkryk, want die sterwende koringkorrel is ‘n beeld van Christus se werk. Dit hou ook vir almal wat vandag luister die sleutel van die geheim tot die ewige lewe. Woordverkondiging, Johannes 12, ds Gustav Opperman,. As die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen, maar as dit sterf, dra dit veel vrug. Die pad na die lewe loop deur die dood ... Die pad na bo, loop eers na benede. Om die lewe te sien, moet ons eers die dood sien ... die koringorrel moet eers in die grond val en sterf ... daarna ... eers daarna dra dit baie vrug ... Ons moet mooi let op die gebeure wat aanleiding gegee het tot hierdie uitspraak. Hoekom sê die Here Jesus juis dit ... op hierdie stadium van Sy aardse bestaan ? Die Here Jesus sê dit omdat die Grieke hom graag wou sien ! Daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op die fees te aanbid Grieke ... nie Grieksprekende Jode nie, maar Grieke ... met ander woorde: heidene ... Heidene wat opgekom het na die tempel ... miskien vir jare al om in die voorhof van die heidene te bid tot die HERE, die God van Israel ... heidene wat nie toegelaat was om die heilige deel van die tempel binne te gaan nie, maar slegs in die voorhof kon staan en bid ... Grieke met ‘n honger in hulle na die waarheid Grieke wat moeg was vir die godsdiens wat mense verheerlik het ... Grieke wat moeg was vir die kultuur van die Olimpiese spele van die griekse wêreld ... waardeur die god van die mens en die mensegode, Zeus en Apollos verheerlik is ... Nee, hulle wou hulself eerder verbind aan die lewende God, die Skepper van hemel en aarde ... En hulle wou graag vir Jesus sien ... Bron: Johannes 12 Vernedering voor verhoging Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 11 04 Music used in this video: Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 105
bottom of page