top of page

Verkondig in die skool en sosiale media: Die Koning kom weer!

Preek Psalms 96 Heidelbergse Kategismus 19 - Woorde uit sy Woning

Sê dit! Vertel dit! Verkondig dit ... by elke veiling, op elke kerkplein, in die klaskamer, op die sosiale media, waar ookal ... Gooi daardie stukkie menslike hoogmoed, die evolusieleer, gooi dit in die asblik ... en roep die mensdom op om die Koning te erken! U weet, geliefdes, daar bestaan dinge op hierdie aarde wat nie uit hierdie aarde is nie. Daar is rykdomme op hierdie aarde wat nie uit hierdie aarde uitgehaal is nie. Sonder daardie rykdomme, daardie gawes, sou ons nie vanaand hier gewees het nie. Sonder daardie gawes sou daar nie een enkele gelowige op aarde gewees het nie. Dis nie vanselfsprekend dat daar ‘n kerk op aarde is nie. Die gelowiges is wonderwerke van God se genade. Elke gelowige is ‘n lewende wonder. Die wêreld self kan geen Christene oplewer nie, net so min as wat die graf die lewe kan voortbring. En tog verwek Christus deur sy Gees gelowiges ... net soos Hy eendag lewende liggame uit die stof van die aarde sal verwek. Wat doen ons wat die gawes van woorde en taal ontvang het ... Wat doen ons? Wat doen ons om hierdie Koning te behaag? Ons bely mos: Christus het na die hemel opgevaar sodat Hy Hom daar as die Hoof van sy Christelike kerk kan betoon, deur wie die Vader alles regeer. Hoe vergestalt sy heerskappy in ons? Hoe gee ons gehoor aan die Hoof van die Christelike Kerk? Deur self die juigtoon altyd verder te dra. Bron: Die Koning kom weer! Psalm 96 Heidelbergse Kategismus Sondag 19 Vr 50 52 Bely uit die Psalms Troosreeks#27 Verkondig dit in die klaskamer, op die sosiale media: Die Koning kom weer! Ds Gustav Opperman (2017 09 1 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 144 Glorieryke Psalms ww.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 529

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page