top of page

Vergewe! Is ons gebed verhoor? Hoe weet ons?
Preek Exodus 20 Heidelbergse Kategismus 51 - Woorde uit sy Woning
Lees: Eks 20:18-24 Mat 5:43-48 Sondag 51 Heidelbergse Kategismus Vraag 126: Wat is die vyfde bede? Antwoord: Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe. Dit is: Reken ons, arme sondaars, al ons misdade asook die boosheid wat ons nog aankleef, ter wille van die bloed van Christus, nie toe nie. Ons bid dit van U omdat ons hierdie bewys van u genade in ons vind: dat ons die ernstige voorneme het om ons naaste van harte te vergewe. Tema: Skuldvergifnis Eintlik behoort ons meer dikwels ‘n entjie verder in Eksodus 20 te lees ... die verse wat net na die wet volg ... om ons weereens onder die indruk te bring van hoe groot die afstand tussen God en die sondige mens is. Sedert die sondeval, sedert Adam en Eva se doelbewuste opstand. is die verhouding tussen God en mensdom ernstig versteur om eintlik die minste te sê ... Sedert die sondeval skuil hulle naak en bewend in die bos. Daar is geen plek meer vir hulle voor God se aangesig nie. Die profeet Habakuk roep God uit: O HERE U is te rein van oë om die kwaad aan te sien. My Heilige, U kan die onreg nie aanskou nie! (Hab 1:13). Hoe groot en verskriklik daardie breuk is, is duidelik hier in Eksodus 19 en 20 te sien: toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister, maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. Laat ons liewer ver van hierdie HERE af wegbly. Dis ‘n magtelose verlammende vrees en angs, dis wat die volk ervaar ... wat die volk vanweë hulle staat van sonde ervaar. Hoe kan ons met sekerheid weet dat daardie gebed verhoor sal word? Dis ‘n vraag wat gelowiges dikwels pla. Die ou Duiwel bly maar daar om ons aan te kla, bly maar daar om ons te herinner oor hoe ver ons tekort skiet. Hoe kan ons met sekerheid weet dat ons gebed om skuldvergiffenis verhoor sal word? Geliefdes, omdat ons die Ou en die Nuwe Testament het. Op die offer volg vergifnis. Christus se eie rol hierin word reeds vroeg in die Evangelie volgens Mattheus uitgespel. Die engel sê daar vir Josef: die Kind wat uit die Heilige Gees verwek word, moet Jesus genoem word, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Hy is die een wat ook Emmanuel genoem sal word: Dit beteken: God met ons (Mat 1:20 ev). Dis Hy wat sy dissipels leer bid: Vader, vergeef ons ons skulde. Hy leer hulle nie net om so te bid nie, maar Hy gee ook die gronde, die waarborg, waarom hulle gebed verhoor sal word. Hoe kan ek seker wees? Ons weet dat Jesus se bloed die sondeskuld bedek het, maar hoe weet ek dat my sondeskuld, myne spesifiek weggeneem is? Wel, ons het nou geleer dat die Heilige Gees se inwoning op skuldvergiffenis volg. So, en dis die volgende vraag, ervaar u die teenwoordigheid van God se Gees in u lewe? As ek bloot op my gevoelens gaan, dan mag ek steeds teleurgestel word. Ag u weet nou al dat die ons die hart nie kan vertrou nie. Die een oomblik voel ons Immanuel, God met my, die volgende oomblik ... kan Hy weer net so onbereikbaar ver wees... Geliefdes, dra u nog ‘n wrok in u rond? Is daar nog by u ‘n vete wat u vertroetel? Miskien ‘n ou, ou onreg. Dalk sê u ook: “ek sal vergewe, maar nie vergeet nie ...”? Moontlik het daar ‘n wortel van bitterheid goeie grond in u gemoed verkry ... en groei dit nou geil. Ek sal nie weet nie. U sal weet ... en die Vader weet beslis. As julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie (Mat 6:14,15). Please watch: “Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500” https://youtu.be/3SzZBe2Ean8 position: 674
bottom of page