
Veilig in die Vaderhand, maar wat van onreg en kwaad?
Preek Psalms 105 Heidelbergse Kategismus 10 - Woorde uit sy Woning
Maar dan is daar die moeilike vraagstuk Hoe rym ons al die kwaad met God se voorsienigheid? Hoe rym ons God se goeie regering en al die onreg in en om ons? Die lewe het nou maar eenmaal sy hoogtepunte ... en dan is daar die laagtepunte, soms voorspoed, dan teenspoed ... So gaan dit maar. Ons belydenis noem: reën en droogte, vrugbare en onvrugbare jare, gesondheid en siekte, rykdom en armoede. Waar kom dit alles vandaan? Die engelse praat van “the hand of fate”. Is dit die blinde noodlot wat die siekte oor ons pad gestuur het? Is dit die geluksgod wat gemaak het dat die hael ons nie getref het nie? Nee, sê ons kategismus. Alles kom uit ‘n ander hand, God se Vaderhand. God se voorsienigheid ... Met die oog op God se voorsienigheid, kan ons ook die volgende vra: Waarheen lei alles? Waarheen op is my lewe op pad? Wanneer die doopwater oor ons spoel, wanneer die Naam van die Vader oor ons uitgespreek word, dan kan ons seker wees, dat Hy ons met alle goeie dinge wil versorg, dat Hy alle kwaad van ons wil afweer of tot ons beswil beskik (Doopformulier). Dieselfde kry ons in Sondag 10. In hierdie Sondagafdeling word God se regering behandel sy hand in dinge soos reën en droogte, gesondheid en siekte, rykdom en armoede. Dit alles kom uit sy hand. Maar dan staan daar uitdruklik nie maar net hand nie, maar - Vaderhand! Nie the hand of fate nie, nie die noodlotshand nie, maar die Vaderhand. Dinge gebeur nie sommer net nie ... ‘n Romeinse filosoof het gesê: die Noodlot bestuur die mensdom se dinge. en dit gebeur sonder enige waarneembare orde. Met ander woorde: dis een groot deurmekaarspul. Voel u dalk soms so? Bron: Veilig in die Vaderhand, maar wat van al die onreg en kwaad? HK 10 Vr 27,28 Psalm 105 Troosreeks 13de video Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 604