top of page

Troffel & pistool in die hand. Wat moet gelowige Afrikaners doen?Antwoord DIE vrae!
Preek Nehemia 4 - Woorde uit sy Woning
“Die HERE gee nie vir ons ‘n opdrag as gelowiges om ons broers, ons seuns, ons dogters, ons vroue, ons vaders, ons moeders ons huise en ons grond aan die magte van die duisternis af te staan nie ...” Die bouwerk aan Jerusalem se mure word met die pistool aan die heupe gedoen. Maar, voor ons self die swaard gord en die werpspies optel, laat ons onsself eers goed vergewis wat die HERE hier in sy Woord vir ons sê hier in Nehemia 4 en in die res van die Skrif. Besoek ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning vir meer as 370 video's. Dis ‘n aanduiding van die tyd waarin ons leef ... net soos dit ‘n aanduiding was van die tyd waarin Nehemia en sy muurbouers geleef het. Die werk van die HERE op aarde moet voortgaan ... Die Here se werk in hierdie land moet voortgaan ... Die werk aan die tempel en die mure van Jerusalem moet herstel word. Die huise in Jerusalem moet gebou word ... Die radikale skeiding tussen die gelowiges en die ongelowiges, die radikale skeiding tussen die skape en die bokke, moet deur die prediking te weeg gebring word, moet deur die Woordverkondiging te weeg gebring word, moet deur die huisgodsdiens te weeg gebring word. En slegs wanneer dit voltooi is, sal die Christus weer kom, soos Hy ons belowe het. Maar, voor ons self die swaard gord en die werpspies optel, laat ons onsself eers goed vergewis wat die HERE hier in sy Woord vir ons sê ... hier en in die res van die Skrif ... Bron: Nehemia 4 Troffel en pistool in die hand. Wat moet Afrikaners doen? Antwoord DIE vrae! Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 en Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 562
bottom of page