
Tel my op, HERE!
Psalm 41 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudies: God se Liedere
"Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig." Dis 'n baie goeie beginpunt vir enige gelowige: om eerstens na homself te kyk wanneer hy beproef word. Eerstens te kyk tot watter mate sy eie sonde vir die Here tot 'n aanstoot was en dat die Here hom nou tugtig om weer op die regte pad te kom. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae op woordeuitsywoning.com
Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.
Bron: Psalm 41
Opnamedatum: 2022 10 03
Music used in this video:
1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag
Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt).
Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel
Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 41:1,2 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers