top of page

Tagtig vroue verkrag op Vrouedag! SA hoogste verkragtingsyfer in wêreld!

Preek Rigters 19 - Woorde uit sy Woning

Rig 19:30 ...neem dit tog ter harte, gee raad en spreek! Die afgelope Donderdag het Suid-Afrika Vrouedag gevier. Op dieselfde dag, soos op enige ander dag, is daar ‘n vrou elke 36 sekondes verkrag. Meer as tagtig aangemelde gevalle per dag. Dit maak Suid-Afrika die land in die wêreld met die hoogste verkragtingsyfer. Hierdie Woord, hierdie wet, hierdie boek, hierdie Evangelie is die lig vir ons pad en die lamp vir ons voete. En hierdie Woord leer ons en wys vir ons daar is niks nuuts onder son nie en dit wat was, sal tot op die dag van Jesus Christus weer wees. Wil u iets leer rondom seksuele geweld en anargie? Kom lees saam met my die boek Rigters. Daar sal ons alles hiervan leer: Die oorsaak en die oorsprong … en die verskriklike uitwerking … en ook … ook wat God se antwoord daarop is. Rigters negentien en die res van die boek stel dit duidelik, reg aan die begin: In die dae was daar geen koning in Israel nie … Daar is 'n ander refrein wat daarmee gepaard gaan: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë … (Rig 21:25) Ons kry nog 'n leidraad aan die begin van die eerste boek van Samuel, wat ook tydens die Rigtertyd geleef het. Daar lees ons: die woord van die HERE was skaars in die dae (1 Samuël 3:1). En daar het u die resep vir seksuele banneloosheid: Geen beginsels geld nie, nie God se woord nie, nie die HERE se wet nie. position: 713
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page