top of page

Soek jy bestendigheid?
Preek 2 Samuël 7 - Woorde uit sy Woning
Niks in die land hou stand. Alle die strukture van die verlede staan lendelam of aan flarde in die warrelwinde van verandering. Van die Afrikaner se politieke strukture het omtrent niks oorgebly nie en bykans elke kerklike struktuur is besig om te wankel. Niks hou stand in hierdie wye en droewe land! Woordverkondiging: 2 Samuël 7, ds Gustav Opperman. En tog is dit nou maar eenmaal so dat die mens weer sal probeer, weer en weer sal probeer om iets te maak staan. Daarom bou hy stede Daarom bou hy sy empaaiers horisontaal. En daarom bou hy sy Babelse torings vertikaal. Maar ook die volk van God … hulle soek ook daardie bestendigheid. Hulle soek daardie gebou op die rots, 'n gebou wat vasstaan teen storm en ongety. So soos hy daar staan op die embleem van die Gereformeerde kerk … vas en stewig … “en die poorte van die hel sal dit nie oorwin nie.” In die volheid van die tyd het Hy gekom. Toe kon die tempel maar afgebreek word. Hy sou dit in drie dae weer opbou. En dis wat die Here vir Dawid en vir ons in hierdie gedeelte sê: Nie die tempel nie … maar die tempelgemeenskap. Om self 'n lewende steen in God se geestelike huis te wees, is beter … is beter as om ons vertroue in die menslike strukture van bestendigheid te lê. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou. En, broeders en susters ons kan maar begin opnoem: die strukture waarin hierdie volk van ons hulle vertroue in die verlede gestel het … Na 1948 was dit die Nasionale Party. In die latere jare was dit ons land se weermag, die sterkste weermag op die vasteland van Afrika. So het hulle gesê … en ons veiligheidspolisie … en ons leiers … ons politieke leiers. Eers was dit Malan en toe Verwoerd en toe die een en toe daardie een … en hulle stemme het later heeltemal stil geword. Ons het vertroue gehad in ons kerklike strukture. Elke dorp en stad het sy kerk in die middelpunt gehad … mooi pragtige stewige geboue … Hulle staan nog daar, maar van binne word hulle al hoe leër. Sierlik van buite maar hol van binne. Die witgepleisterde grafstene van die gereformeerde leer. Die Here wil nie in 'n gebou woon nie. Hy wil in mense woon. En voor Hy nie in die mense woon nie tevergeefs dat ons enige struktuur tot stand bring. Tevergeefs dat ons bestendigheid en vastigheid rondom ons probeer skep. Dit help nie dat ons hierdie kerk vir watter rede ookal in stand probeer hou nie as Hy nie deur sy Gees in ons harte woon nie. God se genadewerk moet altyd eers … altyd eers voorafgaan … voor ons met ons werk kan begin. Ons staan vandag in baie opsigte voor die vervalle hut van Dawid in hierdie land. Dinge lyk nie goed vir die ware kerk nie. Bron: 2 Samuël 7 Soek jy bestendigheid? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 11 11 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 129
bottom of page