top of page

Sodom is hier by ons: Greep op siele.
Preek Génesis 19 - Woorde uit sy Woning
Om die skeiding tussen die heilige en die onreine te handhaaf, moet die deure toe wees ... toe deure in die Godshuis, toe deure in die kerke, toe deure in die gesinshuis. Bron: Lees: Génesis 19:1-38 Teks: Génesis 19:6 “Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe” Daar is net twee soorte geslagtelike omgang Die een soort geslagtelike omgang verkondig die uiteindelike eenwording van Christus met sy kerk. Die ander geslagtelike omgang is die Satan se perversie daarvan. Om die skeiding tussen die heilige en die onreine te handhaaf, moet die deure toe wees ... toe deure in die Godshuis, toe deure in die kerke, toe deure in die gesinshuis. Vir so lank as wat ons wag vir die wederkoms, sal dit die geval wees. Van die gelowiges word verwag om hulle slaapkamerdeure toe te hou, word verwag om hulle voor-en agterdeure toe te hou, Die HERE het die stad Sodom verwoes, maar die Sodom het toe reeds ‘n greep gehad op siel van Lot gehad. Op sy siel en ook op die siele van sy dogters. Die seksuele verdorwenheid, wat so kenmerkend is van ‘n lewe buite God kom na vore in hierdie laaste verse in Génesis 19. Lot het dus daarin geslaag om die voordeur van sy huis vir die sodomiete te sluit. Die agterdeur het egter wawyd oop gestaan ... Slotgebed (getranskribeer na die erediens) Genadige God en Hemelse Vader, Daar is geeneen wat rein voor U staan nie! Daar is geeneen wat rein van hande en suiwer van hart voor u aangesig staan nie. En daarom beroep ons ons net op onse Here Jesus Christus: dat ons in hierdie wêreld staande kan bly, 'n wêreld wat gaan van kwaad na erger op soveel terreine, dat ons en ons kinders en ons geliefdes staande sal bly! Ons bid dat U ons waaksaam sal hou, dat U ons oë sal oopmaak vir dit van Sodom wat alreeds in ons huise is! Ons bid dat U weer vaders sal gee wat nie sal skaamwees om te sê: So sê die HERE Here nie! Dat U leraars sal roep in u kerke wat nie sal skaamwees om te sê: So sê die HERE Here nie! En dan bid ons dat die Heilige Gees sy werk sal doen, soos Hy nog altyd gedoen het! Ons vra dat U in u wonderlike genade ook aan diegene krag sal gee wat swaarkry om die versoekinge te weerstaan. Ons bid dat U vir ons sal help in hierdie gemeente en elke gesin hierso. En U sorg so wonderlik vir ons! Ons het daarbuite die belofte van reën en ons bid dat dit nog meer sal word! Maar bo dit, bid ons dat u Gees kragtig in ons lewens uitgestort sal word! Ons vra dit in die Naam van onse Here Jesus Christus. Amen. position: 767
bottom of page