top of page

Slegs EEN WARE GOD!
Preek Romeine 1 Heidelbergse Kategismus 34 - Woorde uit sy Woning
Daar is net een God ... ‘n genadige barmhartige, reddende, goedertieren God! Dis die eeue oue boodskap wat ons al in Deuteronomium ses gehoor het: Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE. Hy is die enigste God. Daar is geen ander God soos Hy nie. Dit is nodig dat die wêreld hierdie boodskap hoor. Lees Rom. 1:1-32, HK 2 Sondag 34. Tema: Geen ander god nie! Ps. 95:1-3, 24:1-3,19:1,2, 135:9,10,11 Heidelbergse Kategismus Vraag 94: Wat gebied God in die eerste gebod? Antwoord: Ek moet ter wille van my siele heil en saligheid alle afgodery, towery, waarsêery, bygeloof, aanroeping van heiliges of ander skepsels vermy en daarvan wegvlug. Ek moet die enige ware God reg leer ken, Hom alleen vertrou, my slegs aan Hom met alle nederigheid en geduld onderwerp en van Hom alleen alle goeie dinge verwag. Ek moet Hom met my hele hart liefhê, vrees en eer. Sodoende sien ek eerder van alle skepsels af as om in die minste teen sy wil te handel. Vraag 95: Wat is afgodery? Antwoord: Dit is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar, het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel. position: 760
bottom of page