top of page

Skynbekering onder SA gelowiges? Minireeks Jeremia 1/3

Nagmaal Preek Jeremia 2 - Woorde uit sy Woning

Ek het al baie dae van verootmoediging beleef in hierdie land ... biddae vir reën, dae van verootmoediging oor die geweld. Maar as iemand my sou vra of daar onder die gelowiges van hierdie land bekering is … sigbare bekering … (want die sê word deur die doen gekwalifiseer) dan moet ek vir u sê, ek sien geen bekering nie … (Ek mag miskien verkeerd wees.) Ek sien nog net meer afval en nog meer afval … ook in ons eie kerkverband. Ons word voor nagmaal opgeroep om selfondersoek toe te pas. “Elkeen moet nadink oor sy sonde …” “Sodat hy homself kan mishaag” … Elkeen moet homself afvra: Is ek van voorneme om van nou af “opreg voor God se wandel?” Dis eintlik 'n ondersoek na ons hartsgesindheid. Wil ons opreg voor God wandel of het ons miskien as bruidsgemeente ons versiersel vergeet? Het ons die pronkgordel vergeet wat Christus ons gegee het? Lankal al …? Jeremia kan in 'n sekere sin as 'n “draai of braai” prediker beskryf word. As dié nasie hulle bekeer van hul boosheid, (het hy gesê), dan sal die Here die onheil afweer … die onheil wat Hy van plan was om hulle aan te doen (Jer 18:8). Maar dis nie Jeremia se hoofboodskap nie. Jeremia is eerstens die boodskapper van die bruidegom wat voor die Here se bruidskerk kom staan. Hy kom staan voor bruid van die Here in die tyd voor die ballingskap, maar hy kom staan ook voor die bruid van die Here nou hier vandag ‘n week voor die nagmaal. En hy wil weet: Kan 'n jonkvrou haar versiersel vergeet? Kan 'n bruid haar pronkgordel vergeet? Daar's 'n verwyt in die stem … die verwyt van 'n liefdesteleurstelling. Daar's 'n pyn wat net die sal ken … die wat al liefgehad het … en seergekry het. Hoe kan jy doen wat jy doen? In Jeremia 2 sê die Here vir die volk: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn. Dis nie net God se komende oordeel wat ons tot bekering roep nie. Dis ook die herinnering aan God se goedheid, God se goedertierenheid wat ons aanspreek, wat wil hê ons moet bekeer. Besef jy nie: Dis die goedertierenheid van God wat jou tot bekering wil lei nie? So vra Paulus in sy brief aan die Romeine (2:4). Die Here was vir Israel in die woestyn soos 'n muur rondom, 'n wolkkolom bedags en 'n vuurkolom in die nag. Hy het brood uit die hemel gegee en water uit die rots. En vir ons, die gemeente van die verbond … wat was daar vir ons? Vir ons was daar ook Brood uit die hemel … vir ons was daar die Lewende water die Lewende water wat opspring tot in die ewige lewe (Johannes 4:14). Hy het gekom, sodat ons lewe kan hê, lewe en oorvloed kan hê (Johannes 10:10). Het die Here nou vir Israel 'n land van duisternis geword? “Nee, Here, nee,” (wil ons sê), “want selfs in ons donkerste ure … beleef ons ons beste tyd saam met U. Dis net dat ons so maklik vergeet ... Bron: Skynbekering Voorbereiding Belofte Minireeks uit Jeremia 1/3 Jeremia 2v31-3v5 Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 en Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 position: 607
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page