top of page

Skop jy teen die prikkels?

Hand 9 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Dit was of Jesus of hy! As hy Jesus gelyk moes gee, dan sou sy hele lewe daarmee heen wees. En daarom skop ons teen die prikkels, Geliefdes. Ons kan nie daardie eie ek prysgee nie. Dit wil maar net nie! Al maak dit seer. Al maak ons onsself hoe seer! 


Dis nie net ’n storie van ’n man aan ’n kruis wat ons dan kan versoet met die sjokolade van ’n paashaas nie ...  Nee, die evangelie is ’n vurige getuienis, ‘n dringende vermaning ... Dit kla ons gewetens aan ... Daarmee eis die Gees van God toegang tot die binneste kamers van die hart ...  


Bron: Lees Hand 7:54-8:4; 9:1-16 

Teks: Hand 9:5  En die Here antwoord:  Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. 

Tema: Selfverwonding  

Psalms: 145:1,2; 25:2,4; 32:1,5; 145:10,11,12 

Opnamedatum: 2024 05 05  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  

1) Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers  

2) Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page