top of page

Skolegodsdiens: Christus versus Suid-Afrikaanse Grondwet

Preek Psalms 1 - Woorde uit sy Woning

Lees Psalm 1 en 2 Teks: 2:10 Wees dan nou verstandig, o konings, laat julle waarsku, o regters van die aarde! Tema: ‘n Waarskuwing teen die grondwet. Sing Psalms:92:1,2, 92:3,4, 1:1,2, 2:1,2, 2:5,6. So was die skole nou weer in die nuus ... meer spesifiek die hofsaak rondom godsdiens in skole ... So het die regter die uitspraak gelewer, (heeltemal korrek volgens die land se grondwet) dat daar wel godsdiens op skool mag wees ... dat die staat se skole wel die Christelike geloofmag verkondig, maar hulle mag nieJesus as die enigste weg en die waarheid en die lewe verkondig nie. Dit sou diskriminerend teenoor ander gelowe wees. Hoe moet die geloofsgemeenskap hierop reageer? Die Tussenkerklike Raad, bestaande uit die NG Kerk, die Hervormde kerk en ook ons kerkverband, die GKSA, het ‘n verklaring uitgereik wat sy verligting uitspreek dat ons eintlik maar kan aangaan soos ons nog altyd aangegaan het. Een koerantopskrif lui: Bly koelkop en sien dat almal wen. Dis geskryf deur ‘n voormalige redakteur van die Kerkbode. Bly koelkop, moenie opgewonde raak nie! Almal kan wen in die situasie. Dis ‘n wen-wen situasie. Liewe Jesus wen, Allah wen, Krishna wen, Boeddha wen, die Ateïs wen, die Voorvaders wen, almal wen! Maar sê nou, Broeders en Susters, sê nou ek dien ‘n HERE ... ‘n jaloerse God ... ‘n HERE wat vir sy volk gesê het: Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE! ‘n HERE wat nie van ‘n wen-wen situasie deel wil wees nie, maar Een wat die eindes van die aarde as sybesitting opeis? Een wat nie koelkop gaan bly nie ... Een Wie se toorn gou kan ontvlam (soos ons in Psalm 2 gelees het)? As dit my HERE is, dan moet ek soos Dawid die mense waarsku ... die owerhede, bewindhebbers en meningsvormers waarsku: Wees dan nou verstandig, o konings, laat julle waarsku, o regters van die aarde: Julle is besig om op die rand van die vulkaan te speel! position: 740
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page