top of page

Skielik die Vloed! Toe die Reenboogteken van genade
Preek Génesis 6 - Woorde uit sy Woning
Vir 'n oomblik vergeet ons van die weervoorspellers en die natuurkenners, die profete van klimaatsverandering wat so seker is so seker is van hoe alles werk van waar alles vandaan gekom het en waar alles heengaan. In hierdie heilige uur het ons net aandag vir die God wat praat en die woorde van sy Seun, woorde wat duisende jare gelede vir ons hier vandag opgeteken is. Baie skielik en heeltemal onverwags was die vloed daar. Die Here Jesus verwys daarna: Hulle het geëet en gedrink. Hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het. Geen verdere beskrywing van die mensdom se desperate pogings om die vloedwaters te ontkom nie, die geskarrel teen die berge uit, die hopelose vasgryp aan boomtakke, die wanhopige pogings om nie water in te asem nie, totdat hulle nie anders kon nie ... Geen verdere beskrywings oor hoe hulle in hulle doodsangs na God uitgeroep het nie, die God wat hulle nooit in hulle lewe wou ken nie ... Skielik was die vloed daar ... En daarna: Die Reenboog. Teken van genade Bron:Génesis 6 Skielik die Vloed! Toe die Reenboogteken van genade Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning (2018 04 15) Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 515
bottom of page