top of page

Rus vir die mossiemens! Gaan jy graag Sondae kerktoe?

Preek Psalms 84 Heidelbergse Kategismus 38 - Woorde uit sy Woning

So hoe is u opkoms na die weeklikse eredienste? Kom u ywerig met die gemeente saam of het u siel sleepvoetend hier aangekom? Sing u met oorgawe: Hoe lieflik is u wonings, HEER der leërskare ... of sing u dit meganies? Dalk is Sondae vir u vreugdeloos? ‘n Dag wat u nog uit u kinderdae onthou as ‘n dag van mag nie en moenie? ‘n Dag vol van dinge wat jy nie mag doen nie? So vir jare lank, was die Sondagsabbat voorgehou as ‘n pretbederwingsdag ... ‘n dag waartydens patriargale figure ons dwing om binneshuis te bly. Op die oog af lyk dit na die essensie van die vierde gebod: Jy mag nie! Jy mag nie werk nie! Niemand mag werk nie ... maar eintlik gaan dit oor iets anders. Die vierde gebod gaan oor die vreugde wat ons in die Here vind. Ons verlustiging in die Here, soos dit in Jesaja 58 staan: As jy jou voet terughou van die sabbat ... om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat ’n verlustiging noem en die heilige dag van die Here hooghou, en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie, dan sal jy jou verlustig in die Here, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob (Jesaja 58:13-14). Twee keer hier hoor ons die woord verlustig. Psalm 84 is geskryf deur ‘n man wat geen groter vreugde vind in die lewe as ‘n lewe in God se teenwoordigheid nie. Hy het Hom verlustig in die HERE se teenwoordigheid. Psalm 84 is geskryf deur ‘n man wat weet dat ons in hierdie lewe soos swaeltjies en mossies deurbring en dat ons rus nodig het ... en dat ons daardie rus net by God se altare sal vind. Bron: Psalm 84, HK Sondag 38 Vr 103 Vierde Gebod Rus vir die mossiemens! Gaan jy graag Sondae kerktoe? Troosreeks: Bely uit die Psalms#48 Ds G Opperman 2018 03 25 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 position: 724

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page